top of page
LH.png
LH_vangVis2.png
Hoe dit als begin het

Levinia Heks is gedurende die laat 1970’s tot lewe geroep deur Verna Vels, en het deur ’n reeks boeke en TV-episodes die harte van Suid-Afrikaners gesteel.

VernaUpres2.png

Na Verna se afsterwe – en te midde van die agteruitgang van plaaslike rolprentteaters – het die projek vasgeval in regsgeskille, befondsingsprobleme en die onvermydelike verloop van tyd. Maar met die suksesvolle vrystelling van Luma se eerste animasiefliek, Headspace, het ons met hernude entoesiasme na Liewe Heksie gekyk. Dié nuwe wêreld waarin ons leef, vererg ‘n nuwe benadering – veral as dit kom by die reuse-uitdaging om R100 miljoen in te samel vir ’n produksie wat: - Die suiwer hart van Verna se Heksie behou, én - Primêr as Afrikaanse rolprent vervaardig word. En dit is waar jy inkom. Net 1 miljoen Suid-Afrikaners het nodig om vooraf hul digitale kopie van die fliek aan te koop – vir altyd joune, vir net R100 – dan wéét ons die publiek wil dit hê. Daarby gaan ons sorg dat daar spesiale belonings is vir dié wat meer kan bydra: oorspronklike kunswerke, 3D-gedrukte standbeelde, en eksklusiewe handelsware om jou as trotse Blommeland-ondersteuner te laat uitstaan. Dis soos ’n moderne weergawe van ’n blikskud of ’n ou skool raffle. Maar die droom is eg – en met jou hulp, maak ons dit ’n werklikheid.

HeksieDraaiboek.png
bottom of page