Ons gaan dit ook baie maklik vir jou maak om jou hand dieper in die beusie te sit as jy kan. Ons wil elke ondersteuner deel maak van die produksie en laat baat vind met tasbare belonings en voordele.
- R100: 'n Digitale kopie van die film vir persoonlike gebruik
- R200: Bostaande + jou naam in die krediete van die film
- R500: Alles bo + maandelikse eksklusiewe digitale inhoud tydens produksie
- R5,000+ (slegs vir Helde): Alles bo + Getekende oorspronklike konseptekening en 'n 3D-gedrukte Heksie-beeldjie
Bogenoemde titels is simbolies en dra geen regte oor nie.
Belonings sal tydens of ná produksie afgelewer word.
Bevondsing
Ons droom groot. R100 miljoen is nie kleingeld nie.
Vir enige ander projek sou dit onrealisties wees - maar ons glo R100 vir Heksie is binne bereik van elke Suid- Afrikaner om te help dat sy weer op haar besem kan spring.


So, heel belangerikste is om dit duidelik te maak dat jou bydrae nie 'n donasie is nie. Jou R100 is die prys wat jy betaal vir 'n kopie van die finale film. Vir ewig, vir altyd joune.
Nerens vandag kan jy wereld klas vermaak soos dit kry nie. EN boonop is dit nie 'n kans vattery nie. Ons beoog om ons eerste mylpaal van R20 miljoen te bereik voordat ons jou R100 gaan begin gebruik vir die produksie. As ons dit nie maak binne 60 dae nie, kry jy jou geld terug. Hand op die hart!
Elke bydrae is vir ons belangerik, maar die wanneer? en die hoeveel? maak dat ons die volgende vlakke van ondersteuners gaan klassifiseer:
- Vriend van Blommeland:
Enigeen wat voor die R20 miljoen-mylpaal bydra.
- Held van Blommeland:
Enigeen wat enige tyd R5,000 of meer bydra.
- Ondersteuner van Blommeland:
Alle ander bydraes.
Elke ondersteuner kry 'n digitale sertifikaat wat sy/haar kassifikasie aandui met 'n unieke Blommeland nommer en die datum waarop die bydrae gemaak is.